Baster-gemeenskap gedenk Sam !Khubis

Sam !Khubis is ‘n geskiedkundige geleentheid wat jaarliks deur die Basters van Namibië herdenk word. Hulle herdenk die oorwinning van die Basters op 7 en 8 Mei 1915 teen die Duitse koloniale weermag. Die herdenking van Sam !Khubis vanjaar sal Sondag begin en tot Maandag voortduur. Manfred Draghoender, wat deel is van die komitee wat die herdenking reël, gee meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus oor die program.