Gasvryheidsvereniging spreek vaardigheidstekort aan

Die Namibiese toerisme-sektor is besig om ten volle herstel na die verwoestende impak van die Covid-pandemie. Statistieke toon dat die reis- en gasvryheidsektor teen die einde van 2022 tot meer as 80 persent van normaal herstel het en alle aanduidings is dat dit vanjaar volle herstel kan bereik. Die grootste uitdaging wat die internasionale en plaaslike reisbedryf in die gesig staar, is ‘n vaardigheidstekort. Die Gasvryheidsvereniging van Namibië bied op hul jaarlikse kongres op 15 en 16 Mei in Windhoek aan onder die tema: “Co-creation of a Tourism Training Roadmap for Namibia”. Dit sal meer as 24 verskillende opleidingsinstellings, sowel as die toerismebedryf, byeen bring om die weg te baan vir ‘n geteikende en doeltreffende netwerk van ontwikkelings-programme om die vaardigheidstekorte in toerisme aan te spreek.