Gautengse premier bestee R72m op toelaes vir wagte

Die DA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi het oor ʼn tydperk van net drie maande 72 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan toelaes vir veiligheidswagte bestee. Volgens die party bewys dit die misdaadbekampingseenheid het meer finansiële implikasies as resultate. ʼn Woordvoerder van die DA, Ruhan Robinson, sê ‘n geraamde 4 miljard rand sal op die mediumtermyn aan wagte se salarisse en hulpbronne, soos hommeltuie en ander misdaadbekampingstoerusting, bestee word. Hy sê indien die program nie misdaad verminder nie, is dit ‘n vermorsing van belastingbetalers se geld: