Withuis tree in met kunsmatige intelligensie
Amerikaanse bestuurders in die veld van tegnologie is meegedeel dat hulle ‘n “morele” plig het om te verseker dat kunsmatige intelligensie nie die samelewing benadeel nie. Owerhede het met rolspelers by die Withuis vergader. Die uitvoerende hoofde van Google, Microsoft, OpenAI en Anthropic het ‘n twee uur lange vergadering oor die ontwikkeling en regulering van kunsmatige intelligensie bygewoon op uitnodiging van die Amerikaanse visepresident Kamala Harris. Amerikaanse President Joe Biden, wat kortliks die vergadering bygewoon het, het aan die uitvoerende hoofde gesê dat die werk wat hulle verrig het enorme potensiaal en enorme gevaar. Harris het ná die vergadering in ‘n verklaring gesê dat tegnologiemaatskappye moet voldoen aan bestaande wette om die Amerikaanse mense te beskerm en die veiligheid en sekuriteit van hul produkte te verseker.