Sheeran wen kopieregsaak maar, hy’s vies
‘n Manhattan-jurie het bevind Ed Sheeran se treffer Thinking Out Loud het nie inbreuk gemaak op die kopiereg van die klassieke Marvin Gaye-lied van 1973, Let’s Get It On nie. Ed Townsend se familie wat die lied saam met Gaye geskryf het, het Sheeran, sy etiket Warner Music Group en sy musiekuitgewer Sony Music Publishing gedagvaar en beweer hulle maak inbreuk op die lied se kopiereg. Die jurielede het beslis die Britse musikant het die lied onafhanklik geskep. Sheeran sê hy is vanselfsprekend gelukkig met die beslissing: