Oud-ombudsman huldig kinders van Cassinga

Namibië herdenk vandag Cassingadag met die verrigtinge wat vanoggend om nege-uur by die Helde-akker in Windhoek sal plaasvind. Deel van die geskiedenis van Cassingadag is die 430 beseerde en wees- en weerlose kinders wat na Oos-Duitsland gestuur is na die Cassinga-slagting in Mei 1978. Hulle is na die destydse Duitse Demokratiese Republiek gestuur ingevolge ‘n ooreenkoms met sy regering en die uitgeweke Swapo-leierskap. Ná die val van die Berlynse muur in 1989 en onafhanklikheid vir Namibië in 1990, het al die kinders na hul ouers se geboorteland teruggekeer waar sommiges gesukkel het om aan te pas. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige ombudsman advokaat John Walters, gepraat wat bevraagteken of daar genoeg gedoen is vir die kinders wat tydens Cassinga gely het.