SA hoop om Putin-kwessie voor Brics-beraad uit te klaar
President Cyril Ramaphosa glo steeds dat die kwessie oor die besoek van die Russiese President, Vladimir Putin, aan Suid-Afrika vóór die Brics-beraad in Augustus in Durban uitgeklaar sal word. Die Internasionale Strafhof het ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik weens oorlogmisdade. Suid-Afrika sal as ondertekenaar van die Statuut van Rome verplig wees om Putin in hegtenis te neem indien hy die beraad bywoon. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê dit is kommerwekkend dat die fokus van die beraad nou verskuif het na een land wat uitdagings met die Internasionale Strafhof ondervind.