Botswana se eerste Olimpiese medaljewenner geskors

Botswana se middel-afstand atleet Nijel Amos is vir drie jaar geskors nadat hy ‘n toets vir die gebruik van verbode middel gedop het. Die silwer medalje wenner in die 800 meter op die Olimpiese Spele in Londen in 2012 is positief getoets vir die gebruik van ‘n verbode metaboliet, volgens die Atletiek-integriteits-eenheid. Die skorsing is vanaf 12 Julie 2022 van krag, die datum van sy voorlopige skorsing, en sal tot 11 Julie 2025 duur. Amos se silwer was Botswana se eerste Olimpiese medalje ooit.