Kleedrepetisie vir Charles se kroning in Londen

Kleedrepetisies vir koning Charles se kroning Saterdag het vandag in Londen plaasgevind. Hy sal gekroon word in die Westminster-abdy tydens ‘n kleurryke tradisionele seremonie. Die seremonie het die afgelope duisend jaar, waartydens 38 monarge gekroon is, nie veel verander nie. Die seremonie begin om 12 uur Namibiese tyd wanneer ‘n prosessie van Buckingham-paleis na die Westminster-abdy sal beweeg. Koning Charles sal op die troon sit en eers deur die aartsbiskop van Kantelberg gesalf word, voordat hy die kroon, wat die afgelope 350 jaar tydens kronings gebruik word, op die nuwe koning se kop sal plaas.