SA Rugby monitor rehabilitasie van Kolisi
Rugby: SA Rugby sê hulle monitor die rehabilitasie van die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, na ‘n operasie aan sy regterknie as gevolg van ʼn besering gedurende ʼn onlangse wedstryd in die Verenigde Rugby-kampioenskap. Kolisi is Vrydag geopereer. Die spandokter van die Springbokke, Jerome Mampane, sê dit is te vroeg om enige betroubare vooruitskatting te maak oor wanneer Kolisi sal kan terugkeer. Die Springbokke begin hulle verdediging van die Wêreldbeker op 10 September.