Texas-man wat 5 bure skiet, in hegtenis geneem
‘n 38-jarige man wat daarvan verdink word dat hy verlede week vyf van sy bure in ‘n skietery in Cleveland, Texas, vermoor het, is ná ‘n soektog.in hegtenis geneem. Die verdagte wat uitgeken is as Francisco Oropesa word daarvan beskuldig dat hy vyf mense, insluitend ‘n negejarige seuntjie, vermoor het ná ‘n argument oor sy skyfskietery met ‘n AR-15 semi-outomatiese geweer in sy tuin. Amptenare sê hy is gister in die dorp Cut-and-Shoot, Texas, in hegtenis geneem in ‘n huis waar hy in ‘n kas onder wasgoed weggekruip het. Dit is die 17de massamoord in Amerika vanjaar.