Esau was sy hande oor oorbetaling van regeringsgeld aan regsfirmas
Oudvisseryminister en Fishrot-beskuldigde Bernhardt Esau getuig om die oomblik in sy borgaansoek in die hoërhof. Deel van die saak handel oor oorbetalings van miljoene Namibiese dollar aan twee regsfirmas, DHC van voortvlugtige Maren de Klerk en Sisa Namandje. Staatsadvokaat Clive Lutibezi is besig met die ondervraging van Esau, wat sy hande gewas het oordie hele aangeleentheid maar, gee toe, die oorbetaling was onwettig.