KWV wen gesogte Afrika- Midde-Ooste-prys
Een van die voorste Suid-Afrikaanse wynprodusente, KWV, is aangewys as die mees bewonderde wynhandelsmerk in die Midde-Ooste en Afrika-streek. Volgens Drinks International het die KWV-handelsmerk ook die 38ste plek ingeneem uit die top 50 wynhandelsmerke wêreldwyd vanweë sy bestendigheid en gehalte. Die bedryfshoof van KWV, John Loomes, sê dit is ‘n eer om ingesluit te word in hierdie uitgelese lys van die wêreld se mees bewonderde wynhandelsmerke.