Sooliman sê oor 22 Suid-Afrikaners wat nou in Egipte gestrand is
Die organisasie Gift of the Givers sê hy verneem dat 22 Suid-Afrikaners wat in die oorloggeteisterde Sudan vasgekeer was, nou in Egipte gestrand is nadat hulle daarheen gevlug het. Die groep het skynbaar ‘n paar dae gelede uit Port Sudan in Port Safaga aangekom. Altesaam 66 Suid-Afrikaners het reeds uit Sudan huis toe gekeer. Die stigter van Gift of the Givers, Imtiaz Sooliman, sê die boot waarop die 22 gestrand is, is deur hul werkgewer gehuur: