Nampol sê hy het nie ‘toestemming’ vir vandalisme gegee nie…

Die Namibiese polisie op Oshikuku sê dat gevangenes onwettig en opsetlik staatseiendom beskadig het. Twee selhekke, ‘n seldeur en ‘n betonbankie in ‘n aanhoudingsel, met ‘n beraamde waarde van 66 000 Namibiese dollar, is beskadig. Die polisie se misdaadverslag maak melding daarvan dat die saakbeskadiging sonder sy toestemming plaasgevind het en dat die verdagtes aan hom bekend is. Die ondersoek duur ook nog voort en die verdagtes is nog nie formeel aangekla nie.