Helfte van SA se bevolking lewe op broodlyn

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, sê weens werkloosheid en armoede het misdaad in die land tot skrikwekkende vlakke gestyg. Meer as 30 miljoen Suid-Afrikaners leef onder die boonste broodlyn van 1 417 Suid-Afrikaanse rand, en 80 persent van die bevolking besit slegs 20 persent van die land se rykdom. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die regering moet meer doen om werkloosheid te verminder en misdaad te bekamp: