JPMorgan neem First Republic oor

First Republic Bank is verkoop aan JPMorgan Chase & Company. Die bank sal die meeste van First Republic se bates en al sy deposito’s oorneem. JPMorgan was een van verskeie banke wat gebie het om First Republik oor te neem. Owerhede sê die deposito-versekeringsfonds sal sowat 13 miljard Amerikaanse dollar beloop. First Republic, wat in kompetisie met Silicon Valley Bank in San Fransisco was, het meer as 100 miljoen Amerikaanse dollar verloor toe rekeningshouers hul fondse onttrek het na Silicon Valley bankrot verklaar is. First Repubic is die derde bank wat vou in die afgelope twee maande in die VSA.