Namibiese krieket- en rugbyspanne teken oorwinnings aan

Die Capricorn Eagles het hul wedstryd teen die Verenigde Arabiese Emirate met 78 vir 8 gewen. Die Emirate het 50 vir 6 aangeteken en die wedstryd is volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode bepaal met ‘n oorwinning van 7 lopies vir die Namibiërs. Die wedstryd is deur swaar donderweer ‘n paar keer onderbreek. Die Eagles het tans 10 punte teenoor Uganda en Hongkong se 4 elk en die Emirate se twee. Dus, ongeag die uitslag vandag teen Uganda sal die Namibiese vroue Dinsdag vir die finaal op die veld stap. Intussen het die Namibiese onder-20 rugbyspan hard terugbaklei vir die derde posisie in die Rugby Afrika Barthes-toernooi in Nairobi, Kenia. Die span het 25-20 teen Tunisië in die bronsfinaal geseëvier.