eThekwini betaal steeds raadslid wat 11 maande agter tralies op moordklag is
Die DA in KwaZulu-Natal is bekommerd dat die ANC-geleide eThekwini-munisipaliteit belastingsbetalersgeld gebruik om steeds ‘n raadslid te betaal wat al minstens 11 maande lank in die tronk is. Mzimuni Ngiba is verhoorafwagtend in verband met die moord op ‘n voormalige ANC-wyksraadslid, kort voor die 2021 plaaslike regeringsverkiesing. Mawande Kheswa van die DA sê die party het die saak geopper by die provinsiale Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, wat ook aan die munisipaliteit geskryf het: