Ondersoek na noodlottige motofietsongeluk geloods
‘n Motofietsryer is opslag dood na ‘n ongeluk met ‘n bakkie op die Hosea Kutako-lughawe pad. Die botsing het rondom vier-uur Saterdagmiddag plaasgevind. Geen verdere besonderhede is bekend nie en die ondersoek na die oorsaak duur voort. En dan, ook Saterdagmiddag in Tamariskia in Walvisbaai, het ‘n beplande inbraak by ‘n huis skeefgeloop toe die kinders hul pa geskakel het en hulself in die badkamer toegesluit het. Intligting is nog skraps maar, volgens wat berig word het die man het hom na die huis gehaas en die rowers agterna gesit wat gelei het tot motorongeluk. Onbevestigde berigte lui dat die man beseer is en in die hospitaal opgeneem is. Die rowers het weggekom en is steeds soek.