Bejaardes geteiken in aanlyn slentersApril 28, 2023

Bejaardes, beide plaaslik en in die streek, is gereeld slagoffers van aanlyn bedrog. Die Gemeenskapspolisiëringsforum van Sinoville in Pretoria waarsku bejaardes en pensioenarisse oor aanlyn bankbedrog in die stad. Vertroulike inligting wat bedrieglik gebruik kan word, word soms met telefoonoproepe opgespoor en pensioengeld word uit bankrekeninge onttrek. Die woordvoerder van die forum, Lizette du Plooy, waarsku bejaardes om nie hul vertroulike inligting of kaartnommer met enigeen te deel nie en om nie op skakels te klik wat per e-pos, teksboodskap of WhatsApp aan hulle gestuur word nie.