Winde het geen reg om enigiemand te arresteer nie – Mbalula

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, gekritiseer na sy opmerkings oor Rusland se President Vladimir Putin. Die premier het gewaarsku indien Putin ‘n voet in die provinsie sit, sal hy deur plaaslike wetstoepassers in hegtenis geneem word. Die Internasionale Strafhof het in Maart ‘n lasbrief uitgereik vir Putin se inhegtenisneming weens sy vermeende betrokkenheid by die onwettige deportasie van Oekraïnse kinders na Moskou. Mbalula sê Winde het nie enige mag om enige iemand te keer om na Suid-Afrika te kom nie.