Ondonga kry hul heilige steen terug van Finland

Die Finse regering het die sogenaamde Ondonga ‘heilige steen’-artefak terug besorg aan die volk. Die artefak is saam met talle ander tydens die koloniale tyd verwyder en die Oukwanyama het reeds in 2014 hulle s’n teruggekry. Die klip is uiters belangrik vir die stam omdat dit die kern van lewe bevat. Die oudpremier en ouderling van die Ondonga-volk Nahas Angula het met Kosmos 94.1 Nuus oor die belangrikheid van die artefak gesels.