Langer Heinrich op dreef vir heropening in Maart ’24
Paladin Energy Limited se uraanmyn, Langer Heinrich, is op dreef om weer volgende jaar bedrywighede te hervat. Daar word verwag dat die myn minstens 4 persent tot die totale wêreldwye uraanproduksie sal bydra. Die maatskappy sal na verwagting in die eerste kwartaal van 2024 met produksie in Namibië begin nadat sy myn in 2018 onder sorg-en-instandhouding geplaas is weens ‘n afname in uraanmarktoestande. Die hoofbestuurder Johan Roux, sê die vordering vertoon uiters goed en die teiken van die hervatting van produksie in Maart volgende jaar sal behaal word. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.