Klimaatsverandering het droogte in Horing van Afrika aangedryf – studie

Die droogte wat sowat 4,35 miljoen mense in die Horing van Afrika in nood gelaat het, met 43 000 in Somalië wat na raming verlede jaar gesterf het, sou nie moontlik gewees het sonder klimaatsverandering nie. Dit is volgens ‘n ontleding deur die World Weather Attribution-groep. Ethiopië, Kenia en Somalië het sedert Oktober 2020 vyf mislukte opeenvolgende reënseisoene verduur, met hulpgroepe wat dit as die ergste droogte in 40 jaar bestempel. Stygende kweekhuisgasvrystellings het dit minstens 100 keer meer waarskynlik gemaak. Deur rekenaarmodelle en klimaatwaarnemings te gebruik, het die span vasgestel dat klimaatsverandering die Horing van Afrika se lang reëns van Maart tot Mei twee keer meer geneig maak om swak te vertoon.