Bakkie met beesvleis, koppe by Seeis afgetrek
‘n Bakkie met ‘n Windhoek-registrasienommer is vroeër by die Kappsfarm-padblokkade afgetrek. ‘n Reuse hoeveelheid beesvleis met ten minste vyf heel beeskoppe is op die bakkie gevind. Die bakkie het volgens inligting wat Kosmos 94.1 Nuus ontvang het, vanaf Seeis se rigting hoofstad toe gery. Kosmos 94.1 Nuus poog om meer inligting in die verband te kry.