Skedelkusparke kry vandag splinternuwe infrastruktuur

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta gaan vandag amptelik die nuwe en opgegradeerde infrastruktuur van vier parkstasies in die Dorob- en Skedelkus Nasionale Parke by Kaapkruis, Ugabmund, Möwebaai en Springbokwasser inhuldig. Bennett Kahuure, die direkteur van wildlewe en nasionale parke in die ministerie het met Kosmos 94.1 Nuus op Kaapkruis gesels oor presies wat die ontwikkeling behels.