Xi en Zelensky gesels per telefoon
Chinese President Xi Jinping het vandag telefonies met Volodymyr Zelensky van die Oekraïne gepraat vir die eerste keer sedert Rusland se inval verlede jaar en ná maande se druk van Kiëf vir sulke samesprekings. Xi het aan Zelensky gesê China sal spesiale verteenwoordigers na die Oekraïne stuur en samesprekings voer met alle partye wat vrede soek. Xi, die magtigste wêreldleier wat hom daarvan weerhou het om Rusland se inval in die Oekraïne aan die kaak te stel, het verlede maand ‘n staatsbesoek aan Rusland gebring. Sedert Februarie het hy ‘n 12-punt vredesplan vir Oekraïne bevorder, wat met skeptisisme uit die Weste begroet is, maar versigtig deur Kiëf verwelkom is. Xi sê dat as ‘n permanente lid van die VN-Veiligheidsraad en ‘n verantwoordelike groot land, sal hy nie stilsit of olie op die vuur gooi nie, nog minder probeer om daaruit voordeel te trek.