Veiling van Hume se renosterplaas het vandag begin
Die veiling van die Suid-Afrikaanse Platinum Rhino van die bekende renoster-bewaarder en John Hume het vandag begin. Hume, nou 81 jaar oud, het besluit om te verkoop omdat hy nie verder geld in die stigting kan inpomp nie. Die reserweprys is op 10 miljoen Amerikaanse dollar bepaal. Hume se projek word erken as die grootste en mees suksesvolste projek om die renoster te beskerm. Russel Luck, die hoof uitvoerende beampte van SwiftVEE, wat die veiling hanteer sê dit loop tot 1 Mei, wat Red die Renoster-dag is.
Luck het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die veiling internasionaal oop is om ‘n koper te kry wat Hume se bewaringswerk sal voortsit.