Vakbondleier reageer op NamPower se aansoek vir tariefverhoging
Die deurwinterde vakbondleier Job Muniaro het gereageer op die nuus dat NamPower ‘n tariefverhoging van 16,87 persent aangevra het. Volgens wat berig word, moet die Elektrisiteitsbeheerraad teen 30 April die aansoek oorweeg na ‘n vergadering wat op 31 Maart plaasgevind het. Die verhoging sal dan op 1 Julie in werking tree waarna plaaslike owerhede en streekskragverspreiders dan hulle eie verhogings sal bylas. Muniaro sê dinge is bedroef en hy het groot kommer oor huishoudings se welstand.