Air Namibia-werkers wag sedert 7 November vir parlement om iets te sê

Die voormalige werknemers van Air Namibia wat verlede jaar in November na die bankrot redery se voormalige hoofkwartier opgeruk het en buite die gebou gekamp het en die betaling van hul skeidingspakkette geëis het, het die helfte van die pakkette ontvang. Die groep het hulle toe aan die Nasionale Vergadering gewend en op 7 November 2022 ‘n petisie by die parlement ingedien. Volgens Renier Bougaard, een van die oud-werknemers, het hulle tot op hede geen terugvoer ontvang nie. Bougaard sê hulle volg die prosesse, stelsels en instellings maar hulle word elke keer in die steek gelaat.