18 Kaapse skole tydens vakansie gevandaliseer

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het bevestig 18 skole het gedurende die herfsvakansie voorvalle van diefstal en opsetlike beskadiging aangemeld. Dit is dieselfde getal skole wat in dieselfde tyd verlede jaar geraak is. Volgens die LUR, David Maynier, was daar minder diefstal van pype, draad, skryfbehoeftes en sporttoerusting. Hy versoek die gemeenskap om hierdie voorvalle aan te meld: