Von Bachdam is net 26,8 persent vol

Namibiese damme is tans gesamentlike 68,2 persent vol teenoor verlede jaar se vlak van 83,6 persent. Damme wat Windhoek van water voorsien, is tans gesamentlik 38 persent vol teenoor verlede jaar se 62 persent. Die Swakoppoortdam se vlak staan op 73,3 persent en Omatako is leeg op 0,2 persent, maar pomp steeds water oor na die Von Bachdam wat nou 26,8 persent vol is. Von Bach was verlede jaar dieselfde tydperk 52,1 persent vol. Suide-damme is gesamentlik 76,4 persent vol teen verlede jaar se 91,4 persent. Die Hardapdam se vlak staan op 38,8 persent teenoor verlede jaar se 70,48 persent. Die Nautedam was verlede jaar oorvol, met sy vlak wat nou op 64,8 persent staan.