Finse ambassade sien uit na President se staatsbesoek
Die President van Finland Sauli Niinistö gaan ‘n amptelike staatsbesoek aan Namibië op uitnodiging van President Hage Geingob van Woensdag tot Vrydag bring. Staatshuis sê die besoek is deel van Finland se verbintenis met Afrika en sy strategiese doelwit om bande met die vasteland te versterk. Finland is onder Namibië se top-20 handelsvennote. Namibië se algehele uitvoere na die Finse mark het altesaam 1,8 miljard Namibiese dollar in 2022 beloop, ‘n afname van 785 miljoen dollar van 2021. Namibië se invoere uit Finland toegeneem tot 1,1 miljard in 2022 vanaf 388,6 miljoen in 2021. Die laaste staatsbesoek van Finland aan Namibië is 12 jaar gelede deur oudpresident Tarja Halonen in 2011. Die skakelbeampte van die Finse ambassade in Namibië Eveliina Anteroinen het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die presidensiële besoek.