Geingob sal Finse president die week onthaal
President Hage Geingob sal die Finse President Sauli Niinistö, Donderdag en Vrydag in die hoofstad ontvang. Die doel van die besoek is om samewerking tussen die twee lande, om slim, veilige en volhoubare oplossings te benut om ‘n groen oorgang en die vierde Industriële Revolusie te bevorder, asook om bilaterale handel tussen Namibië en Finland te verbeter. Die besoek vorm deel van Finland se betrokkenheid by Afrika en sy strategiese pogings om bande met die vasteland te versterk. Niinistö sal ook met die speaker van die Nasionale Vergadering, Peter Katjavivi, en premier Saara Kuugongelwa-Amadhila vergader. Hy word vergesel deur ‘n sake-afvaardiging van leiers uit verskeie Finse nywerhede.