Slegs aanlynklasse by Universiteit van StellenboschJune 11, 2021
Die Universiteit van Stellenbosch waar baie Namibiërs studeer, gaan al sy klasse voorlopig aanlyn aanbied ná 36 Covid-gevalle onder studente en personeel aangemeld is. Die huidige termyn eindig op 18 Junie. Plekke op kampus waar studente bymekaarkom, is ook gesluit.