Kwik styg kwaai in Thailand

Owerhede in Thailand het mense gewaarsku om binnenshuis te bly weens die geweldige hitte wat die gebied teister. In die hoofstad Bangkok het die kwik tot 45 grade Celsius gestyg. Dele van Asië het veral in April deurgeloop onder hoë temperature. In van die lande daar was dit die warmste wat dit nog ooit was. In Bangladesj en dele van Indië het die hitte gelei tot ‘n groter kragaanvraag. Dit het weer tot beurtkrag en ‘n tekort aan krag vir miljoene mense gelei.