VN-vroue bekommerd oor geslagsgeweld in Soedan

Die Verenigde Nasies se entiteit wat toegewy is aan geslagsgelykheid, VN-vroue, het kommer uitgespreek oor die skokkende uitwerking van die konflik in Soedan op vroue en meisies. Die organisasie vra onmiddellike optrede teen seksuele geweld. Die uitvoerende direkteur Sima Bahous, sê VN-vroue sluit by hulle vennote aan in die uitspreek van ernstige kommer oor die voortgesette konflik in Soedan en die ernstige en wan-proporsionele uitwerking daarvan op die lewens van vroue en meisies. Bahous sê berigte oor seksuele en geslagsgeweld is reeds ontvang en hulle vrees dit gaan toeneem.