Kommer oor intimidasie teen SA burgerlike organisasies
Die Menseregtekommissie in die buurland is bekommerd oor die toenemende aantal dade van intimidasie wat op sosiale media versprei word en burgerlike organisasies bedreig. Die organisasies word geteiken omdat hulle uit hul pad gaan om menseregte-skendings van die kwesbaarste mense te beskerm. Die kommissie se woordvoerder, Wisani Baloyi, sê daar moet beklemtoon word burgerlike organisasies speel saam met Hoofstuk Nege-instellings ‘n uiters belangrike rol as waghonde van die Suid-Afrikaanse demokratiese bedeling.