DBV vra vir speelgoed vir hul diere
Die Dierebeskermings-vereniging in Windhoek samel eenvoudige alledaagse huishoudelike items in vir hul diere in hokke om mee te speel om te help om hul stres te verminder. Die DBV doen ‘n beroep op die publiek vir leë toiletrolle, kombuis-handdoekrolle en eier-kartonhouers. Hulle benodig ook nog speelgoed vir die honde en katjies. Skenkings kan gedurende die week in besigheidsure by hul perseel afgelaai word, en Saterdae tot twaalf-uur. Sylvia Breitenstein, bedryfs-direkteur van die DBV het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.