Buitelandse burgers nog in Khartoem gestrand
Meer as 270 mense is nou reeds in Soedan dood en minstens 2 000 is beseer. Lugaanvalle en ontploffings kom steeds in die hoofstad Kartoem voor nadat Amerika nie ‘n skietstaking tussen die weermag en paramilitêre magte kon bewerkstellig nie. Inwoners word gedwing om binnenshuis te bly en sommige lande begin om hul burgers uit die land te verwyder. Talle Suid-Afrikaners is in Kartoem gestrand. Die Suid-Afrikaanse ambassade het landsburgers wel in kennis gestel dat ontruiming oorweeg sal word wanneer die lughawe veilig is.