Mashatile sê Afrika beweeg mooi in rigting van vryhandel-ooreenkoms
Suid-Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê die vasteland beweeg in die regte rigting na ‘n enkele Afrikamark. Hy het by die afsluitingseremonie van die Afrika- Kontinentale Vryhandelsgebied se forum in Kaapstad gepraat. Mashatile sê daar bestaan konsensus op die vasteland oor die behoefte dat Afrika strukturele en regulatoriese struikelblokke om markte te betree, moet verminder, en moet belê in die nodige infrastruktuur om handel in Afrika en na die res van die wêreld te hanteer: