Fox skik ter elfder uur met Dominion
Fox News het op die nippertjie ‘n skikking bereik met Dominion-kiesstelsels, en gaan meer as 14,3 miljard Namibiese dollar betaal om die lastersaak, wat reeds twee jaar duur, te beëindig. Dit is die grootste bekende skikking in die Amerikaanse geskiedenis in ‘n lastersaak waarby ‘n mediamaatskappy betrokke is. Dominion het aangevoer sy sake het skade gely omdat Fox News valslik beweer het daar is in die 2020-verkiesing teen oudpresident Donald Trump geknoei. Dominion se prokureur, Justin Nelson, sê die skikking verteenwoordig regverdiging en aanspreeklikheid: