Kwaliteit infrastruktuur krities vir beleggings, ontwikkeling
Die EU se ambassadeur na Namibië, Sinikka Antila, sê kwaliteit-infrastruktuur is noodsaaklik vir die land se ekonomiese ontwikkeling. Die voordeel stel lande in staat om wêreldwyd mededingend te word, beleggings te lok en produktiewe en innoverende dienste te ontwikkel. Sy sê die regering het ’n rol in die ontwikkeling van ’n kwaliteit-infrastruktuur deur die gebruik van metrologie te bevorder, en nasionale stelsels daar te stel om verbruikers en besighede te beskerm, en internasionale vertroue in die land se resultate te vestig. Met die klem op die tweelingooreenkoms tussen die EU en Namibië, sê Antila dat dit Namibië se standaarde en instellings se kapasiteit sal help versterk om hul mandaat uit te voer en Namibië se ontwikkeling in internasionale handel uit te brei.