Rekord-robyn van Mosambiek gaan onder die hamer
Die grootste robyn ter wêreld wat opgeveil sal word, sal in Junie deur Sotheby’s in New York aangebied word. Die edelsteen sal na raming meer as 30 miljoen Amerikaanse dollar behaal. Die Mosambiekse robyn van 55,22 karaat wat in Julie verlede jaar gevind is, is bekend as die Estrela de Fura, is die duurste robyn wat nog ooit op ‘n veiling verkoop sal word. Die huidige wêreldrekord vir ‘n robyn wat op ‘n veiling verkoop is, is in Mei 2015 opgestel deur “Sunrise Ruby,” ‘n Birmaanse klip van 25,59 karaat wat 30,3 miljoen Amerikaanse dollar by Sotheby’s in Genève behaal het.