Toulon sê Kolbe is nie te koop nie
Die Franse klub, Toulon, sê die Springbok-ster, Cheslin Kolbe, is nie te koop nie. Die president, Bernard Lemaitre, het reageer op gerugte dat die kookwater agterspeler dalk in Japan gaan speel. Volgens hom wil Kolbe in Frankryk bly en hoewel sy vertrek die salarisrekening kleiner sal maak, gaan hy nêrens heen nie. Kolbe sê die gerugte frustreer hom en trek sy aandag af. Hy sukkel tans met ʼn enkelbesering maar hy sal na verwagting fiks wees wanneer Suid-Afrika later vanjaar sy Wêreldtitel in Frankryk verdedig.