Ten spyte van haglike toestande in sport infrastruktuur, mors departement steeds miljoene
Die DA in Gauteng sê sportgeriewe in die provinsie is in ‘n haglike toestand en het ‘n tekort aan noodsaaklike hulpbronne. ‘n Woordvoerder van die party, Kingsol Chabalala, sê ten spyte hiervan het die provinsiale Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning die afgelope twee boekjare meer as 13 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die Hanyane-welweesprogram bestee. Hy sê hierdie roekelose en onverantwoordelike besteding deur die departement is onaanvaarbaar: