Gesondheidsministerie stel twee regulerende rade aan

Die Namibiese gesondheidsministerie het vandag twee regulerende liggame op die gebied van openbare gesondheid bekendgestel. Die minister dr. Kalumbi Shangula het lede van die Namibiese Medisyne Regulerende Raad en vyfde Atoom-energieraad aangestel. Die Vyfde Atoom-energieraad is onder voorsitterskap van dr. Shitaleni Herman. Een van die funksies van die raad is om aanbevelings aan die regering te maak oor die veilige gebruik van kernwetenskap en -tegnologie