Nust steun opgradering van informele nedersettings

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie het die Deelnemende Informele Nedersettings-opgraderingsprojek van stapel gestuur. Die voorgestelde alliansie sal die kapasiteit verhoog van gemeenskappe wat verblyf-sekerheid, basiese dienste en skuiling-oplossings benodig. Fase 1 van hierdie projek het in 2019 tot 2020 afgeskop en fase 2 het verlede jaar begin en sal na verwagting in 2030 tot ‘n einde kom. Dit sal die volskaalse opgradering van informele nedersettings en implementering van groen gebiede in alle stedelike en dorpsgebiede in Namibië te verseker. Guillermo Delgado, die projek-ontwikkelaar, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.