Kommer oor gebrek aan water in drie Noorde-streke

Drie van die vier noordelike streke maak gereed vir nog ’n erge droogte weens swak reënval. Daarom het die streeksgoewerneurs van Oshana, Omusati en Oshikoto saam met ander belanghebbendes watervlakke in die Etaka-Uuvudhiya-waterkanaal beoordeel het. Sommige gebiede is nog droog, insluitend die meeste van die oshanas. Hierdie situasie hou ‘n ernstige bedreiging in vir die beskikbaarheid van water en weiding vir diere. Die waterkanaal, wat in ‘n vervalle toestand is, is 14 jaar gelede laas tydens die droogte gebruik. Die totale koste wat aan die opradering van die kanaal gegaan het, beloop 7 miljoen Namibiese dollar. Erginus Endjala, goewerneur van Omusati, sê die dreigende droogte het hulle gedwing om dit te oorweeg om water in te pomp. Oud-parlementslid Pendukeni Iivula-Ithana, wat in die Omusati-streek boer, het met Kosmos 94.1 Nuus oor droogtehulp van die regering gepraat…